Verslag van Etienne Maritz - bezoek Nederland

Kort verslag van ons toer na Nederland met Heart Cry Junie 2014 Ek en 'n ouderling van ons gemeente Koppies - Weltevrede in die Vrystaat in Suid Afrika het weer saam met Heart Cry vir een maand dieste gehou by verskillende konferensies en ander byeenkomste op verskillende plekke in die land. Dit het ook 'n diens in Belgie en 'n konferensie in Duitsland ingesluit. Ons was bevoorreg om saam met soveel gelowiges geestelike dinge te deel en ware koinonia in die Heere te ondervind. Die organisasie van die program was uitstekend en ons kon aan baie mense die Woord van God oor geestelike groei deel. Dit was baie bemoedigend om te sien hoe dat die Here steeds vir Heart Cry kragtig gebruik om nog veel mense te begelei tot 'n persoonlike verhouding met die Heere, sowel as om so 'n groot aantal gelowiges te begelei tot geestelike groei en volwassenheid in die Heere. Ons was getref deur die groot aantal gelowiges wat na die afgelope jare van geestlike groei so volwasse geword het in die Heere dat hulle nou weer ander jongeres geestelik kan bedien en begelei om geestelik te groei. In die vorige jare het ek kragtige werkinge van die Heilige Gees in Heart Cry beleef wat nie anders beskryf kan word as 'n tyd van opwekking nie. Nou is hulle in 'n fase van opbou en toerusting en versterking in die geloof wat veroorsaak dat baie gelowiges ook 'n bedienning ontwikkel het. Hulle slaag regtig daarin om die Woord aan betroubare mense toe te vertrou sodat hul weer ander kan leer. 'n Gesonde opwekking moet oorgaan in toerusting en gesonde leer sodat mense bevestig word in die geloof. Ek het beleef dat Heart Cry se leiers saam met die Heilige Gees beweeg in dit wat God nou daar wil doen. Daar heers in hul midde regtig 'n gerigtheid op Christus en 'n ywer vir die redding van mense. Ek was bly om te sien dat hul nog steeds die kruis as sentrale boodskap het en dat minder belangrike dinge ook aandag kry, maar nie na die sentrum skuif nie. Groot moeite word ook gedoen om gelowiges toe te rus vir 'n gesonde Bybelse gesinslewe en Bybelse kinderoovoeding. Veel moeite word gedoen om gesonde geloofslesse aan die volgende geslag oor te dra. Sonder hierdie praktiese toerusting van die baie gelowiges wat die afgelope jare tot geloof gekom het, sou die herlewing nie soveel voortgaande vrug gehad het nie. Ek was ook opnuut weer beindruk en bemoedig deur Arjan Baan se opregtge gerigtheid op Christus en sy groot hart vir mense in geestelike en psigologiese nood. Hy sal groot opofferinge doen om aan individue in nood hulp te verleen en om hul by gesonde Bybelse beraders te kry. Tog het hy ook die moed om in liefde op te tree teen werkers wat nie die Bybelse norme en waardes uitleef nie. Wanneer hy hul in liefde vermaan en hul steeds tot oneer van Christus optree, is dit nodig dat hy sulkes vra om nie meer namens Heart Cry op te tree nie. Dit is deel van gesonde tug en dissipline in enige gemeente of geestelike organisasie. Indien dit nie gedoen word nie, sal die getuienis van die werk van die Here skade lei. Wanner sulke persone dan na die tyd die werk waarvan hulle deel was kritiseer in plaas daarvan om hulle van hulle verkeerde dinge te bekeer, sal hul eendag rekenskap moet gee oor die skade wat hul aan die werk van die Here gedoen het. Vir sulke mense gaan dit net om hul self en nie om die Koninkryk van God nie. Ek was opnuut weer oortuig van die feit dat dit vir Arjan Baan en die leiers van Heart Cry werkilik opreg oor Christus gaan en nie oor hulle self nie. Arjan het ook steeds 'n sagte hart en veel bewoëndheid vir die Hyper Calvinistiese kerke in Nederland. Dit is altyd 'n gevaar dat mense wat 'n herlewing ondervind, oorkrities raak teenoor bestaande ouer kere en hul wil afskryf en niks meer goed in hulle sien nie. Al het 'n kerk hoe vêr agteruit gegaan, bly dit nog deel van die kerk van die Here en is 'n opwekking moontlik. Ware opwekkings het nog altyd in die kerk ontstaan waar gelowiges binne die kerk daarvoor begin bid het. Ek is dankbaar dat Arjan 'n opregtige verlange het dat die suiwer evangelie steeds binne die kerk verkondig sal word. Dit het ook vir my groot vreugde gebring om die gerigtheid op sending by Heart Cry te sien. Groot klem word daarop gelê dat die wêreld bereik moet word met die evangelie. By die konferensie het die Heere ons ook gelei om groot klem te plaas op die feit dat ons geroep is en bekragtig word deur die Heilige Gees om GETUIES TE WEES! (Hand1) Dit staan sentraal in Handelinge. Ons word geroep en toegerus om van Jesus se kruisdood en opstanding te getuig. Daardeur wil Christus Sy Koninkryk uitbrei. Dit is die fase waarin die werk by Heart Cry nou beweeg. Mag veel siele deur hul getuienis ingebring word in die Koninkryk van God. Die tyd is kort en die dae is boos. Laat ons versigtig wees om mense te kritiser wat nog iets vir die Here probeer doen. In Nederland sien ek mense wat niks vir die Koninkryk doen nie en tog genyg is om ander snel te kritiseer wat 'n groot werk vir die Heere doen. Passop dat dit nie bevind word dat julle teen die Heere stry nie. My groete aan julle wat die Here in opregtheid dien. Bid ook vir ons in Suid Afrika,. Die vrysinnige teologie doen by ons nou groot skade binne die kerke. Baie jongmene beweeg weg van die Woord omdat teoloë en predikante die Woord bevraagteken en net as 'n menslike boek beskou. Maar die Here ken die wat Syne en laat elkeen wat die Naam van Christus noem weg bly van die ongeregtigheid (2Tim 2:19). Ek is opreg dankbaar dat baie teoloë en gemeentes nog in Nederland die Woord van God respekteer as die Woord van God (1Thes 2:13) en die vrysinnige teologie verwerp. Groete in Christus, Etienne Maritz
Nieuwsberichten

Soms komt Heart Cry in het nieuws zonder dat we hiervan op de hoogte zijn. Mail ons gerust als je iets tegenkomt. Mail het naar info@heartcry.nl.

286